TWEE STERRE SAAM
Kopiereg © 2006 Herman Steenkamp

vyf jaar terug het dit als begin
die droom geseël met ‘n vriendskapsring
na ‘n vreemde stad toe weggetrek
nooit geweet wat more sal bring

die uurglas staan vir niemand stil
‘n geskeurde hart is ‘n bitter pil
maar die liefde het mooi met jou gepraat
sou jy aanhou wonder was dit dalk te laat

die toekoms staan daar in jou deur
met ope arms en ontvang jou weer
die verlede vir vandag veruil
reg om liefde nog ‘n kans te gee

soos die somerson saggies die wolke dra
so kry jy vandag waarvoor jy vra
soos nuwe lewe groei in lentereën
so ontvang jy vandag ‘n baie groot seën

jy lag jy speel
so dankbaar dat jy nou jou liefde kan deel
jy dans jy sing
so dankbaar vir alles wat jou liefde vir jou bring
dis die een met wie jy die pad wil stap
dis die een met wie jy sal hande vat vanaand
twee sterre saam in ‘n wentelbaan
twee sterre smelt in die hemel saam
vanaand

nou dat alles goed aangaan
kan die soek maar stop selfs die tyd stilstaan
uit goud gesmelt die perfekte ring
eens aparte harte voer nou een bestaan

soos die somerson saggies die wolke dra
so kry jy vandag waarvoor jy vra
soos nuwe lewe groei in lentereën
so ontvang jy vandag ‘n baie groot seën

jy lag jy speel
so dankbaar dat jy nou jou liefde kan deel
jy dans jy sing
so dankbaar vir alles wat jou liefde vir jou bring
dis die een met wie jy die pad wil stap
dis die een met wie jy sal hande vat vanaand
twee sterre saam in ‘n wentelbaan
twee sterre smelt in die hemel saam
vanaand
Herman Steenkamp
Twee Sterre Saam
Die oppe en affe van 'n jong verhouding wat ernstig word.  
Almal ken dit.  Die opgewondenheid wat in angs kan dit baklei
vir wat jy wil hê, of verloor dit.  Gelukkig het liefde in hierdie
geval gewen.
Google