SUID-AFRIKA
Kopiereg © 2005 Herman Steenkamp

gee my biltong en ‘n koue bier
en ‘n laatnag boeredans
gee my jakarandas en ‘n plaas

gee my rugby en ‘n lekker braai
en speel ‘n game krieket saam
gee my sonskyn en ‘n skip op die see
en afrikaans want ek’s ‘n kind van

Afrika
jy bly my Suid-Afrika
met jou ritme in my hart
voel ek weer tuis vanaand
Afrika
jy bly my Suid-Afrika
met jou ritme in my hart
voel ek weer tuis vanaand

gee my Jo’burg en ‘n sterker rand
en ‘n roos van Bloemfontein
gee my Tafelberg en al sy wyn

gee my brandy en ‘n happie snoek
en ‘n song van Koos Kombuis
gee my bosveld en ‘n gun in die kluis
en afrikaans want ek’s ‘n kind van

Afrika
jy bly my Suid-Afrika
met jou ritme in my hart
voel ek weer tuis vanaand
Afrika
jy bly my Suid-Afrika
met jou ritme in my hart
voel ek weer tuis vanaand

gee my Namaqualand
gee my Margate se goue sand
wys my jou hart Suid-Afrika

Afrika
jy bly my Suid-Afrika
met jou ritme in my hart
voel ek weer tuis vanaand
Afrika
jy bly my Suid-Afrika
met jou ritme in my hart
voel ek weer tuis vanaand

(ek dink aan jou my land my land oh)
Afrika
jy bly my Suid-Afrika
met jou ritme in my hart
voel ek weer tuis vanaand
Afrika
jy bly my Suid-Afrika
met jou ritme in my hart
voel ek weer tuis vanaand
met jou ritme in my hart
voel ek weer tuis vanaand
Herman Steenkamp
Suid-Afrika
My vrou het eendag (soos baie ander dae) na haar ma
verlang.  Ons raak toe aan die gesêls oor die land en sy
dinge en toe word ek lus vir alles wat goed en mooi is:
biltong, rugby, bier, ens.  
Toe skryf die liedjie homself sommer.
Google