SIGARET
Kopiereg © 2002 Herman Steenkamp
Gepubliseer deur Sheer Publishing
deur die wind en die weer na sy kamerdeur
om nog ‘n sigaret te rook
want van toeka se dae is hy nog lank nie klaar nie
om sy longe vrot te stook
van kanker kan jy hom niks vertel
sigarette bly sy beste pel
al wat hom nou sal keer is die dood
vir dertien jaar sy longe vrot gestook
deel van sy lewe geskenk aan die dood
vir dertien jaar probeer hy ophou rook
hy’s ‘n junkie hy’s ‘n addict hy bly sonder hoop
vir dertien jaar maak hy sy longe seer
hy wil graag ophou hy try keer op keer
vir dertien jaar koop en rook hy maar weer
hy blaas en hy hoes maar hy sal nooit leer
die gebrande geur van sy tabak en leer
ruik vir baie ander mense vrot
maar vir hom is dit lekker om te rook saam sy pelle
dis die storie van die kers en die mot
hy huig en hy hoes die heeldag lank
en gaan trek sy laaste geld uit die bank
hy sal rook tot hy dood
dit is sy lot
vir dertien jaar sy longe vrot gestook
deel van sy lewe geskenk aan die dood
vir dertien jaar probeer hy ophou rook
hy’s ‘n junkie hy’s ‘n addict hy bly sonder hoop
vir dertien jaar maak hy sy longe seer
hy wil graag ophou hy try keer op keer
vir dertien jaar koop en rook hy maar weer
hy blaas en hy hoes maar hy sal nooit leer
hulle het hom laat verstaan waarheen hy moet gaan
as hy sy sigarette wil rook
verkieslik moet hy buite want die ander grief sy geite
hy’s ‘n slaaf sonder hoop
halfhartig wil hy stop en hy vra die Heer
maar sodra die tye druk dan rook hy weer
al wat hom nou sal keer is die dood
vir dertien jaar sy longe vrot gestook
deel van sy lewe geskenk aan die dood
vir dertien jaar probeer hy ophou rook
hy’s ‘n junkie hy’s ‘n addict hy bly sonder hoop
vir dertien jaar maak hy sy longe seer
hy wil graag ophou hy try keer op keer
vir dertien jaar koop en rook hy maar weer
hy blaas en hy hoes maar hy sal nooit leer
vir dertien jaar
hy sal nooit leer
vir dertien jaar sy longe vrot gestook
deel van sy lewe geskenk aan die dood
vir dertien jaar probeer hy ophou rook
hy’s ‘n junkie hy’s ‘n addict hy bly sonder hoop
vir dertien jaar maak hy sy longe seer
hy wil graag ophou hy try keer op keer
vir dertien jaar koop en rook hy maar weer
hy blaas en hy hoes maar hy sal nooit leer
tot die dood

Herman Steenkamp
Sigaret
My baklei teen die twak. Og, maar dit was 'n gesukkel. oggend 7 uur en ek gooi alle voornemens by die venster uit oppad werk toe. Dan hou ek weer volgende Sondagaand 11 uur op, sodat ek weer Maandagoggend 7uur weer kan begin.
|