LAASTE HOU
Kopiereg © 2006 Herman Steenkamp

dis hier waar minute met ure knoop
sonder ophou sonder liefde die nag inloop
dis hier waar die hel die plek vol stap
sonder toekoms sonder vrede jou siel afvat

dis hier waar jy leer hoe die satan werk
sonder vrees sonder seën dog onbeperk
dis hier waar die bose die bus bestuur
sonder horings sonder vuur tot die laaste uur

kan ek myself ooit hiervan red  (help my nou)
buig of betaal dit sê die wet
gaan ek hierdeur my siel afstaan
woede die voertuig en hel die baan
kan ek myself die stryd aansê
gaan ek baklei of gaan ek lê
wie gaan wen en wie gaan vou
wie slaan die eerste die laaste hou
(wie gaan wen wie gaan vou)
wie slaan die laaste hou

dis hier waar hartseer en haat versoen
sonder blydskap sonder troos bly jy gedoem
dis hier waar gedagtes met dood wil kys
sonder waarheid sonder lig die hiernamaals wys

dis hier waar jou soeke jou nêrens bring
sonder rigting sonder klank ‘n deuntjie sing
dis hier waar die ego homself verloor
sonder waarde sonder beeld net deel van ‘n koor

kan ek myself ooit hiervan red  (help my nou)
buig of betaal dit sê die wet
gaan ek hierdeur my siel afstaan
woede die voertuig en hel die baan
kan ek myself die stryd aansê
gaan ek baklei of gaan ek lê
wie gaan wen en wie gaan vou
wie slaan die eerste die laaste hou
(wie gaan wen wie gaan vou)
wie slaan die laaste hou
Herman Steenkamp
Laaste Hou
Ons almal het 'n plek wat ons mal maak, waar dit voel
of jy poep teen donnerweer.  
Vir my was dit 'n vorige werk.  
Nie die plek as sulks nie, ook nie die medewerkers nie,
maar die omstandighede.  Pure frustrasie.
Google