KYK HOE LYK JY NOU
Kopiereg © 2005 Herman Steenkamp

jou gedagtes hardloop heen en weer
gevoelens en goeters word omgekeer
‘n fotobord teen die muur bring herinnering
van alles wat al was

in perfekte gelid mars die tyd verby
jy swem in vreugde maar verdrink in pyn
die wolke in jou oë bring vernuwing
maak ‘n einde aan die wag

alles loop in sirkels en jy
soek ‘n einde ‘n nuwe begin

kyk hoe lyk jy nou
kyk hoe lyk jy nou
als verander maar jy bly hard en blind
in vrees word jy gebind
net liefde kan jou leer
kyk hoe lyk jy nou

elke seisoen bring ‘n nuwe kleur
die skepping praat ‘n taal wat jy nog moet leer
storms en stukkende harte bring versoening
en begin ‘n nuwe nag

Adam se trane al ‘n oseaan
die verandering sal jy nooit verstaan
die son breek deur die veld en bring herlewing
en begin ‘n nuwe dag

alles loop in sirkels en jy
soek ‘n einde ‘n nuwe begin

kyk hoe lyk jy nou
kyk hoe lyk jy nou
als verander en jy weet jy moet aanvaar
jou koppigheid laat staan
jy’t nog so baie om te leer

in ‘n vreemde land
in ‘n vreemde stad
het jy jou hart oopgemaak
en weer toegelaat dat liefde in jou bly

kyk hoe lyk jy nou
kyk hoe lyk jy nou
als verander en jy glo weer soos ‘n kind
jy het jouself gevind
deur liefde het jy geleer

kyk hoe lyk jy nou
kyk hoe lyk jy nou
als verander en jy glo weer soos ‘n kind
jy het jouself gevind
kyk hoe lyk jy nou
Herman Steenkamp
Kyk Hoe Lyk Jy Nou
Net sodra jy gemaklik raak in jou omstandighede, dan
jeuk jou gat, of iemand vertel vir jou dat jou gat jeuk,
of iemand laat jou gat vir jou jeuk.  Hoe dit ookal sy,
goed verander en dis nie relevant of jy saam stem of
nie.  Dis beter jy berus daarby en aanvaar daar's 'n
groter plan.
Google