KIND
Kopiereg © 2006 Herman Steenkamp

dit was laat een aand
aan die einde van die maand
toe die eerste lig jou ogies streel
tog so besonder
verstom oor die wonder
dat ons lewe in jou kan deel

slaap saggies my kind
word met liefde gehou
jy’s deur liefde volmaak
en tot liefde vertrou

elke dag bring nuwe goed
alles is nog bittersoet
jou verlede lê nog voor
as jy in ons arms lê
vir ons sê wat jy wil hê
sien die wêreld deur jou oë

slaap saggies my kind
word met liefde gehou
jy’s deur liefde volmaak
en tot liefde vertrou

mamma se seuntjie
word ‘n pragtige prentjie
uit die ink van die Skepper se pen
pappa se seuntjie
nog ‘n klein brose mensie
wil so graag die lewe leer ken
en ons kyk hoe jy groot word
en ons kyk hoe jy lag
en ons kyk hoe jy rondrol tot laat in die nag
en ons wag
vir wat jy more vermag

die wind sal jou nog waai
in verre lande draai
en al stamp die lewe jou rond

jou hande is nog vry
die toekoms is jou klei
en ons bly jou vaste grond
slaap saggies my kind
word met liefde gehou
jy’s deur liefde volmaak
en tot liefde vertrou

mamma se seuntjie
word ‘n pragtige prentjie
uit die ink van die Skepper se pen
pappa se seuntjie
nog ‘n klein brose mensie
wil so graag die lewe leer ken
en ons kyk hoe jy groot word
en ons kyk hoe jy lag
en ons kyk hoe jy rondrol tot laat in die nag
en ons wag
vir wat jy more vermag

ons wil jou help en vir jou leer
en nuwe goeters probeer
en aan jou raak en oor jou waak
en keer teen die seer
en ons kyk hoe jy groot word
en ons kyk hoe jy lag
en ons kyk hoe jy rondrol tot laat in die nag
en ons wag

mamma se seuntjie
word ‘n pragtige prentjie
uit die ink van die Skepper se pen
pappa se seuntjie
nog ‘n klein brose mensie
wil so graag die lewe leer ken
en ons kyk hoe jy groot word
en ons kyk hoe jy lag
en ons kyk hoe jy rondrol tot laat in die nag
en ons wag
vir wat jy more vermag
en ons wag
vir wat jy more vermag
Herman Steenkamp
Kind
Hoe het die bondeltjie vreugde nou nie 'n ou se lewe
kom deurmekaar maak op 'n mooi manier nie.  
Dis seker maar die naaste wat 'n mens aan
onvoorwaardelike liefde sal kom.  
Sy pa se buffelbul.
Google