
Welkom op my webwerf. Ek hoop jy geniet dit.
Blaai rond, kliek op die skakels, maak net wat jy wil.
Ek het verlede jaar klaar opgeneem aan hierdie CD: 'n nuwe begin. Dis 'n werk wat homself so oor 'n paar jaar self klaar
gemaak het. Party liedjies is jare gelede al geskryf terwyl ander sommer nou die dag geskryf is. Dit handel oor die lewe oor die
algemeen. Lees gerus die lirieke, dan sal alles meer sin maak.
My hoop is dat elkeen wat hierna luister iets daaruit kan haal en geniet.
As jy op die "musiek en lirieke" skakel kliek, kan jy die lirieke lees en na so 'n stukkie luister. Besoek ook my
Facebook bladsy waar jy die volledige liedjies kan luister en 'n "fan" kan word van die musiek. Onthou om eers aan te teken
op facebook voordat jy op hierdie skakel kliek.
MP3 snitte is beskikbaar by:
Die CD is beskikbaar by:
Die musiek is ook beskikbaar by reverbnation en myspace. Kliek op die skakels hieronder om daar te gaan draai maak,
maar die winkeltjie wat daar die CD verkoop (Snocap) kan ongelukkig net kredietkaarte wat in die VSA uitgereik is aanvaar.
So gebruik eerder die skakels hierbo om die musiek te kry.
www.reverbnation.com/hermansteenkamp
www.myspace.com/hermansteenkamp
Nou ja, koop nou die musiek en sit dit lekker hard op jou draadloos. Moenie die goed so saggies-saggies probeer luister nie.
Dit gaan jou net kwaad maak. Sit dit hard man!


Herman Steenkamp
Tuisblad
Besoek enige van hierdie webwerwe
om jou gunsteling liedjies te kry.