EN EK WAG
Kopiereg © 2003 Herman Steenkamp
Gepubliseer deur Sheer Publishing

die son sak teen die mure
en ek wag dat jy moet kom
ek staar my blind teen figure
en skadu’s speel saam met die son

op die sinkplaatpad het ons geloop
en stories oorvertel
van drome en goeters en al ons hoop
jy was my beste pel

en ek sit hier by die vuur
en ek wag vir nog ‘n uur
en ek sing maar nog ‘n liedjie
en ek wag maar nog ‘n bietjie
en ek sit hier by die vuur
en ek wag vir nog ‘n uur
en ek sing maar nog ‘n liedjie
en ek wag maar nog ‘n bietjie
vir jou

ek sien jou gesig in die vuur
en die vlamme vat my terug
na dae sonder sorge
ons was vreesloos in ons vlug

maar die jare het genadeloos aangestap
in tyd is ons paaie geskei
al wat ons kan doen is net aanhou hoop
dat ons altyd vriende sal bly

en ek sit hier by die vuur
en ek wag vir nog ‘n uur
en ek sing maar nog ‘n liedjie
en ek wag maar nog ‘n bietjie
en ek sit hier by die vuur
en ek wag vir nog ‘n uur
en ek sing maar nog ‘n liedjie
en ek wag maar nog ‘n bietjie
vir jou
ek wag vir jou
Herman Steenkamp
En Ek Wag
Baie gebraai en nonsense gepraat tot in die ou nag.  
Soos enige Suid-Afrikaanse laaitie mos maar doen.
(fast forward so 12 jaar)  Toe ek een aand sommer 'n
vuurtjie by die huis aansteek (want dis Dinsdag of
Woensdag of iets), toe verlang ek vreeslik na hulle.
Google