


EK DINK AAN JOU
Kopiereg © 2003 Herman Steenkamp
onthou jy toe ons nog kinders was
hoe het speedy en mintie jou opgepas
kan jy nog onthou
onthou jy hoe jy saam moes karre speel
en ek my tee met jou poppe moes deel
kan jy nog onthou
onthou jy ons moes kyk of die spreiers nog loop
en gelyk moes deel as pa en ma sweeties koop
maar nou’s jy groot
en die lewe gaan voort
die lewe is liefde
geniet dit en deel dit en
gee mekaar die son en die maan vandag
en vra elke dag weer vir nuwe krag
gee mekaar dan nou ‘n lewe vol van hoop
en vra vir die Heer om die padjie saam te loop
ek sien die sterre in die hemel draai
en die stars en stripes daar eenkant waai
ek dink aan jou
jy het vandag die man getrou
met wie jy jou hele lewe saam wil bou
ek dink aan jou
onthou jy ons moes kyk of die spreiers nog loop
en gelyk moes deel as pa en ma sweeties koop
maar nou’s jy groot
en die lewe gaan voort
die lewe is liefde
geniet dit en deel dit en
gee mekaar die son en die maan vandag
en vra elke dag weer vir nuwe krag
gee mekaar dan nou ‘n lewe vol van hoop
en vra vir die Heer om die padjie saam te loop
ek dink aan jou met my hande gevou
ek dink aan jou terwyl jy trou
ek dink aan jou waar jy jou liefde
gee mekaar die son en die maan vandag
en vra elke dag weer vir nuwe krag
gee mekaar dan nou ‘n lewe vol van hoop
en vra vir die Heer om die padjie saam te loop
ek dink aan jou
ek dink aan jou
Herman Steenkamp
Ek Dink Aan Jou
En so word almal groot, selfs my klein sussie. 'n Paar herinneringe van toe ons nog kinders was. Speedy en Mintie was ons honde (tans dan hopelik in die hondehemel). Anyway, so het die verlede en die hede bymekaar gekom, voor en op haar troudag.
|