


DIE LEWE
Kopiereg © 2002 Herman Steenkamp
Gepubliseer deur Sheer Publishing
in die vensters van sy siel
was daar liefde ongegrond
soos hande teen die mure
‘n verlede in ‘n grot
diepe spore na sy hart
vertrap en uitgeloot
‘n ou maanhaar sy trots gesluk
word nou uit die trop gestoot
want wie weet waar die einde lê
of dalk ‘n nuwe begin
of wie weet waar die sonkant lê
as die sneeukombers jou bemin
wie verstaan die lewe dan
daar’s ‘n einde vir elke begin
in God se oë ‘n prentjie
vir ‘n goeie prys beding
weer ‘n nuwe begin
die sonkind sien haar eerste lig
almal deur haar bekoor
‘n atleet nog in haar blokke
‘n hele toekoms voor
feetjie tree na almal se raad
die ontvangs is tog so groot
‘n daisy in die hare
‘n lewe vol liefde en hoop
want wie weet waar die einde lê
of dalk ‘n nuwe begin
of wie weet waar die sonkant lê
as die sneeukombers jou bemin
wie verstaan die lewe dan
daar’s ‘n einde vir elke begin
in God se oë ‘n prentjie
vir ‘n goeie prys beding
weer ‘n nuwe begin
in die vensters van haar siel
sien jy spore na haar hart
die sonkind skenk haar eerste lig
nou gee sy vir almal raad
want wie weet waar die einde lê
of dalk ‘n nuwe begin
of wie weet waar die sonkant lê
as die sneeukombers jou bemin
wie verstaan die lewe dan
daar’s ‘n einde vir elke begin
in God se oë ‘n prentjie
vir ‘n goeie prys beding
weer ‘n nuwe begin
Herman Steenkamp
Die Lewe
Die verloop van die lewe. Alles het 'n begin en einde. Vandag kyk jou kinders na jou vir leiding. More vat jou kinders oor en hulle kinders soek weer leiding. Die oue word uitgeskuif om plek te maak vir die nuwe. Amper "sad", maar dis maar hoe hy loop. Soos 'n wyse haarkapper eendag vir my vriend vertel het: "Dis hard hier buite."
|