ALTYD DAAR
Kopiereg © 2006 Herman Steenkamp

pa het my geleer hoe alles werk
politiek skool en die kerk
ma het my geleer van eerlikheid
geloof en integriteit
my toegelaat om self te probeer
nog ‘n keer
my kop te stamp om meer te leer
en die heletyd was julle daar

maar nou
nou dat alles anders lyk
met grootmens oë na julle kyk
nou waardeer ek alles meer
en nou
nou dat nuwe lewe wink
en ek elke dag aan julle dink
nou verlang ek al hoe meer

ma het my gewys hoe om lief te kry
en die goeie en die slegte te skei
pa het my gewys hoe om als te doen
te wen verloor en versoen
my toegelaat om neer te slaan
op te staan
my af te stof en aan te gaan
en die hele tyd was julle daar

maar nou
nou dat alles anders lyk
met grootmens oë na julle kyk
nou waardeer ek alles meer
en nou
nou dat nuwe lewe wink
en ek elke dag aan julle dink
nou verlang ek al hoe meer

selfs nou
wil julle ons so graag help
as ons skeef trap en val en gly
wil julle ons vang
want julle is altyd daar

maar nou
nou dat alles anders lyk
met grootmens oë na julle kyk
nou waardeer ek alles meer
en nou
nou dat nuwe lewe wink
en ek elke dag aan julle dink
nou verlang ek al hoe meer

maar nou
nou dat alles anders lyk
met grootmens oë na julle kyk
nou waardeer ek alles meer
en nou
nou dat nuwe lewe wink
en ek elke dag aan julle dink
nou verlang ek al hoe meer

en nou
nou dat alles anders lyk
met grootmens oë na julle kyk
nou verlang ek al hoe meer
Herman Steenkamp
Altyd Daar
My pa en ma se aandeel in my (en nou ons) lewe.  'n Mens besef nooit
hoeveel hulle vir jou gedoen het nie.  As jy jou oë uitvee, staan jy in
dieselfde skoene en dan eers kom jy agter hoe lief hulle vir jou is.  
Google